
Die NWU Sewes-toernooi het Vrydag, 19 September, op Potchefstroom afgeskop en die eerste wedstryde het reeds vir groot opwinding gesorg. Soos verwag, het Grey College gewys hoekom hulle as die gunsteling beskou word, maar dit was Potchefstroom Gimnasium wat die verrassing van die dag gelewer het. Gimmies het Diamantveld geklop in ’n wedstryd wat min mense sou voorspel.
Volkies is steeds op soek na hulle eerste sege, maar hulle wys deurgaans ’n kompeterende gees en bied sterk weerstand teen elke teenstander. Die span se veggees maak hulle ’n gunsteling onder toeskouers, selfs al ontbreek die oorwinnings nog.
Die toernooi hervat weer op Saterdag, 20 September, om 09:00 op die Fanie-du Toit Sportgronde, waar die spanne kans kry om verder hulle staal te wys. Met die uitslae tot dusver kan ondersteuners uitsien na nóg verrassings en hoëgehalte-rugby.



