Local news

Leerders maak Huis Hebron se harte bly

Huis Hebron, wat beskryf word as die plek waar gebroke mense weer heel word, het tans 117 inwoners en is geleë sowat 15km buite Potchefstroom.

Hoofleiers van Laerskool Mooirivier pak elke kwartaal ‘n liefdadigheidsprojek aan en hierdie kwartaal het hulle besluit om ‘n insamelingprojek vir Huis Hebron te hou. Elke graad het ‘n item gekry wat leerders kon insamel. Van rys, pasta, blikkies kos, tot by suiker en broodsmeer.

Ouers en kinders het donasies in hope aangedra. Juffrou Christel van Laerskool Mooirivier sê die skool is so bevoorreg om sulke projekte te kan aanpak en dat Tokkie leerders en ouers se hande altyd oop is.

“Die kinders is verskriklik vrygewig. Hulle herrinner gereeld die ouers om te skenk. Dit is so lekker om die leerder se mooi harte te sien.”

Hoërskool Gimnasium het ook sommer ingespring om Laerskool Mooirivier te help om benodigdhede in te samel. Twee van Gimmies se Meneer en Mejuffrou finaliste en twee van Gimmies se Gimmie Entrepreneurs Klub het nie net benodigdhede ingesamel nie, maar ook verskeie saad wat Huis Hebron in hul groentetuin kan plant, sowel as ‘n kontant donasie.

Huis Herbon is bekend vir hul pragtige groentetuin waarvan hulle ook aan ander organisasies skenk. Huis Hebron, wat beskryf word as die plek waar gebroke mense weer heel word, het tans 117 inwoners en is geleë sowat 15km buite Potchefstroom.

Ouma Gretha le Roux, het hierdie nie-winsgewende organisasie op die ryp ouderdom van 60 begin. Sy het Huis Hebron in 2001 stoksielalleen begin. Dit het twee jaar geneem om twee slaapsale te bou en als gereed te kry. In Junie 2003 kon hulle die eerste mense inneem. Van daar het dit net gegroei.

Isabelle Naude, raadslid en administrasie bestuurder van die tehuis, het die skole met ‘n hartroerende boodskap bedank. Meeste mense het ‘n traan gepik.

“Ons is so dankbaar aan die sterre wat so hard gewerk het om die projek moontlik het maak. Dit is ons jeug wat fenominale werk gedoen het onder die leiding van hul skoolhoofde, onderwysers en ouers. Dit is vir ons ‘n riem onder die hart dat die jongmense die taak met ywer aangepak het. Hulle liefde en omgee beteken so baie vir Huis Hebron se bestuur en inwoners. Die woord dankie is te min,” het sy gesê.

“Daar is vier dinge wat julle altyd moet onthou om suksesvol in die lewe te wees. Stel God heel eerste, Hy bepaal ons identiteit. Organise, plan and control. Pak julle lewens aan soos julle met die projek gedoen het, met ywer en nasteliefde,” sluit sy af.

Verskeie organisasies en kerke het ook tot die projek bygedra.

Ouma Gretha saam met Gimmies se leerders, Matilda Liebenberg, Ruhann
Steenkamp, Julie Taljaard, Chelldene Fereirra en juffrou Soekie Coertzen.
Isabelle tydens haar roerende toespraak.
Isabelle gee vir Matilda ‘n drukkie uit dankbaarheid.
Meneer Jakkie, Laerskool Mooirivier se skoolhoof, groet vir Isabelle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button