Local news
Slegte nuus vir motoriste met duurder brandstof Desember
Al ry jy met Jan Tuisbly se karretjie sal jou beursie steeds die nuwe kostes voel.
Die nuwe brandstofpryse het om middernag op 3 Desember in werking getree en motoriste gaan hierdie feesseisoen meer moet opdok om met vakansie te gaan.
Motoriste betaal van Woensdag af 29c per liter meer vir 95- en 93-oktaan petrol. Die groothandelprys van diesel het ook gestyg. Motoriste sal nou 65c per liter meer moet betaal vir diesel met ‘n swaelinhoud van 0,05%, en 82c per liter meer vir diesel met ‘n swaelinhoud van 0,005%.
Paraffien styg met 99c per liter en gas met 24c per kilogram.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



