Local news

Fratsongeluk eis werker in Potchefstroom

‘n Lewensvieringsdiens sal Vrydag, 5 Desember by Lekwena vir Niël gehou word.

Niël de Meyer (62), ‘n werknemer van Berts Bricks in Potchefstroom is 25 November oorlede nadat hy tydens ‘n fratsongeluk onder ‘n stootskraper beland het.

Niël was ook ‘n pa en oupa en het beplan om saam met sy familie vakansie net buite Parys in Desember te gaan hou. Sy lewe is egter kortgeknip deur ‘n stootskraper wat hy self gebou het. Hy het vir ‘n paar jaar by Berts Bricks as dieselwerktuigkundige gewerk.

Niël het glo inmekaar gesak nadat hy op die stootskraper se spore geklim het. Die rede daarvoor is onbekend omdat ‘n lykskouing weens die erns en omvang van sy beserings nie moontlik was nie.

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die polisie doen ‘n geregtelike doodsondersoek nadat ‘n werknemer wat besig was om ‘n stootskraper te diens, oorlede is.

“Die man is Dinsdag omstreeks 14:15 op die toneel deur noodpersoneel dood verklaar. Hy was besig om die stootskraper te diens en wou dit glo toets. Met die aansluit van die swaarvoertuig, het dit agteruit begin loop en hy het onder die spore beland.”

Berts Bricks het uit respek vir die oorledene en sy familie, besluit om nie in hierdie stadium kommentaar te lewer nie. ‘n Lewensvieringsdiens sal Vrydag, 5 Desember by Lekwena vir Niël gehou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button