CrimeLocal news

Polisie gaan voort om veiliger feesseisoen te verseker

Altesaam 1 487 arrestasies is vir verskeie oortredings gemaak.

Die SAPD in die Noordwes het sy Veiliger Feesseisoen-operasies versterk om wet en orde te handhaaf tydens die besige feestyd.

Die operasies, wat deur senior beamptes op provinsiale en distriksvlak gelei word, is tans aan die gang in al die distrikte van die provinsie. Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes deursoek individue en voertuie tydens stop-en-deursoek-operasies by voertuigkontrolepunte en padversperrings.

Verskeie persele is ook deursoek, wat gelei het tot die sluiting van ongelisensieerde drankpersele weens nie-nakoming van regulasies. Speurders het ook geteikende opsporingsoperasies
uitgevoer om gesoekte oortreders vas te trek wat lank reeds die gereg ontduik
het.

“Altesaam 1 487 arrestasies is vir verskeie oortredings gemaak, insluitend moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en gewone aanranding, en inbrake by residensiële en sakepersele, bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, besit van dwelms en onwettige handel in drank.”

Dit is opmerklik dat uit 1 487 arrestasies, 459 uitgevoer is tydens speurders se vermoedelike klopjagoperasies. Verder het die operasies gelei tot die konfiskering van koperkabels, ses vuurwapens, 10rondtes ammunisie, dwelms, drank, tabakprodukte en vermoedelik gesteelde vee of produkte (vier bokke), onder andere.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button