Local news

Potchefstroom JKA karate spog met 100% slaagsyfer by gradering

Almaro het in Augutus 2024 die dojo oorgeneem nadat dit vir ses maande dormant gelê het.

Potchefstroom JKA karate het op 8 Desember hul jaareindfunksie en gradering gehad. Tydens die gradering het die dojo ‘n 100% slaagsyfer behaal.

Potchefstroom JKA het drie tot vier graderings per jaar, elke kwartaal probeer die karatelede gradeer na die volgende vlak en kleur belt indien hulle aan al die vereistes voldoen wat aantal klasse, kata (sequence of movements), kihon (basics) en kumite (fighting applications) insluit. ‘n Gekwalifiseerde gradeerder (Bernard Raubenheimer in die geval) wat sy kwalifikasies by die Japanese, Japan Karate Association (JKA) gedoen het, gradeer elke lid en kyk of hulle op standaard en op ‘n vlak is om na die volgende belt oor te gaan.

Almaro de Villiers, Sensei van Potchefstroom JKA, bedank almal vir die ondersteuning hierdie jaar.

“Ek wil net dankie sê aan elke ouer wat bydra tot hul kinders se ontwikkeling en om Potch JKA ‘n sukses te maak.”

Almaro het in Augutus 2024 die dojo oorgeneem nadat dit vir ses maande dormant gelê het.

“Ek’s trots op elke lid wat wys dat wanneer daar moeilike en maklike tye is hulle nogsteeds opdaag en oefen. Ook dat elke lid gegroei het die jaar, nie net in hul kwaliteit van karate nie, maar ook in die lewe en in hul selfvertroue. Dankie aan die Potch JKA span, Duan, Jesse en Anthony, my swart belde wat instaan om af te rig wanneer ek nie kan nie, sonder julle sou die dojo nie moontlik wees nie. Laastens dankie aan Sensei Bernard Raubenheimer wat al die pad van Heidelberg af kom nog elke jaar om ons te gradeer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button