Liggies vir ER24
Hierdie nooddienste sien reeds vir 10 jaar om na die nooddienste by die Potchefstroom Liggiefees.
Abraham Kriel kinderhuis het gesorg dat ER24 hierdie jaar ekstra spesiaal voel deur vir hulle hul eie ER24 lig te maak. Hierdie nooddienste sien reeds vir 10 jaar om na die nooddienste by die Potchefstroom Liggiefees.
“Wat ‘n wonderlike verrassing. Vir 10 jaar is ER24 trots om deel te wees van die Abraham Kriel Liggiefees. Hierdie jaar het ons span by hul gewone staanplek opgedaag om ‘n verrassing te vind…Ons eie ligvertoning,” het ER24 opgewonde gesê.
Caro Schoen van Abraham Kriel Kinderhuis vertel hulle het hierdie jaar besluit om alles, van die mark tot die stalletjies in ligte te vertoon.
“Ons stap al ‘n baie lang pad met ER24 en wou hulle ook hierdie jaar meer deel maak en spesiaal laat voel.”



