Local news
Eerste dag van skool is om die draai
Die eerste dag van graad 1 is 'n baie spesiale dag in elke (amper) 7-jarige se lewe.
Op Woensdag, 14 Januarie gaan talle opgewonde gesiggies hul eerste skooldag beleef. ‘n Mens is nooit seker wie is meer opgewonde daaroor nie – die kinders om weer hulle maatjies te sien of nuwe maatjies te maak, of die mammas om net ‘n blaaskans te kry nie.
Kyk uit in volgende week (Donderdag, 15 Januarie) se uitgawe van die Potchefstroom Herald vir die eerste dag van graad 1 fotos.
Stuur ook ‘n foto van jou graad eentjie se eerste dag na tania@mooivaal.co.za.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



