Local news

Potch matrikulante in hul noppies met puik uitslae

Die alghele slaagsyfer vir Noordwes is 88.49%.

Vanoggend (Dinsdag, 13 Januarie) om 08:00 het die Potch matrieks van 2025 na hul verskeie skoolsale met groot entoesiasme geswerm om hulle matriekuitslae te ontvang.

2025 was ‘n goeie jaar vir akademie met Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool, Hoërskool Ferdinand Postma en B.A. Seobi Secondary wat ‘n 100% slaagsyfer verower het.

Hoërskool Ferdinand Postma is as die top presterende skool in Noordwes aangewys gebasseer op die grootste persentasie onderskeidings (23.37%). In hierdie kategorie is Gimmies tweede (22.94%) en Potchefstroom High School for Girls derde (22.53%).
Gimmies neem die top posisie as daar na die hoeveelheid kandidate kyk wat slaag.
By Gimmies het 199 kandidate geslaag. Ikageng se B.A. Seobi Secondary is tweede met 182 kandidate wat slaag, en Hoërskool Wesvalia (Klerksdorp) derde met 163 kandidate wat slaag.

Ferdies het 163 onderskeidings verower.  Twee leerders (Kai Jansen van Vuuren en Deané Kooyman) het 7 onderskeidings in hul sakke. Ferdies spog ook met ‘n 100% slaagsyfer vir die 26ste jaar in ‘n ry.

Gimmies het 359  onderskeidings tot op hede verower, waarvan 12 leerders, 7 onderskeidings gekry het.

Volkies het 203 onderskeidings behaal, waarvan 2 leerders, (Caitlin Mans en Ataya van den Berg) 7 onderskeidings gekry het.

High School for Girls Potchefstroom spog met ‘n 97% slaagsyfer en 2 leerders, Kuyabongeka Zulu en Gheerde Kempen, wat 7 onderskeidings gekry het.

Potchefstroom High School for Boys het ‘n 86% slaagsyfer behaal.

Die alghele slaagsyfer vir Noordwes is 88.49%. Die is vanoggend tydens die Noordwes Departement van Onderwys se matriek galafunksie in Rustenburg bekendgestel.

Gimmies is as die beste presterende skool in die provinsie aangewys met al 199 kandidate wat slaag. Ikageng se B.A. Seobi Secondary is tweede met 182 kandidate wat slaag en Wesvalia (Klerksdorp) derde met 163 kandidate wat slaag.

Gimmies se top 13:

  • Frederik van der Westhuizen (8 onderskeidings)
  • Miné Naudé (7 onderskeidings)
  • Annemarie van der Westhuizen (7 onderskeidings)
  • Vené Swart (7 onderskeidings)
  • Jessica Grobbelaar (7 onderskeidings)
  • Madelé Harding (7 onderskeidings)
  • Emma Joubert (7 onderskeidings)
  • Erik Human (7 onderskeidings)
  • Kyle Koekemoer (7 onderskeidings)
  • Janrú Janse van Rensburg (7 onderskeidings)
  • Ilanka Verster (7 onerskeidings)
  • Jandri Liebenberg (7 onderskeidings)
  • Xandri Palmer (7 onderskeidings)

Kyk hier na die video van die matriekuitslae:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button