NewsNews

Gemeenskap prys FLASH-eenheid

Die FLASH-eenheid (Firearm licence, Alcohol and Second Hand Goods) in Potchefstroom, word deur verskeie lede van die publiek as ‘n baie effektiewe eenheid beskou.

Die FLASH-eenheid (Firearm licence, Alcohol and Second Hand Goods) in Potchefstroom, word deur verskeie lede van die publiek as ‘n baie effektiewe eenheid beskou.
Hoewel die eenheid se personeel altyd bereid is om inligting aan die publiek te verskaf en hulle by te staan, is daar wel sekere kwessies wat aangespreek moet word, sodat die publiek ook beter begrip het oor die verskeie aansoeke en die papierwerk wat ingevul moet word.
In terme van vuurwapenlisensies is daar gerugte dat as ’n persoon nie 90 dae voor sy lisensie verval aansoek doen om hernuwing nie, die lisensie gekanselleer sal word. Volgens ao. Jacques de Klerk wat in beheer is van Potchefstroom se FLASH-eenheid, is dit nie die geval nie. Mense word aangemoedig om ten minste 90 dae kans te gee vir die proses om afgehandel te word.
“As ’n persoon al die korrekte papierwerk ingedien het, kry daardie persoon ’n kwitansie as bewys dat die proses begin het,” het de Klerk gesê.
Met ander woorde die vuurwapen is steeds wettig op die persoon se naam geregistreer. Daar was ’n paar ander kwessies waaraan die eenheid geraak het. Onder andere boedelwapens en uitvoerpermitte. In die geval van boedelwapens raai De Klerk mense aan om so gou as moontlik by die polisie navraag te doen oor die prosedure wat gevolg moet word voordat mense ‘n boedelwapen in hulle besit neem.
“Sers. Raymond Moloantoa werk al 11 jaar met vuurwapenlisensies, daar is niks wat hy nie daaroor weet nie,” het ao. De Klerk gesê. Sers. Moloantoa se kantoornommer is 107, anders kan hy geskakel word by (018) 299 7485 vir enige navrae.
Die proses om uitvoerpermitte vir ‘n wapen te bekom vat ten minste twee weke om te verwerk. Vir diegene wat op ’n jagvakansie wil gaan, moet die aansoeke vir dié permitte so gou as moontlik ingedien word.
Die ander bene van die eenheid, alkoholwette en tweedehandse goedere, het ook belangrike inligting vir die publiek. Volgens ao. Alwyn Jacobs wat die drankwet-kenner is, moet mense en dranklisensiehouers veral oplet na besigheidsure en aan wie daar drank verkoop mag word.
“Natuurlik mag daar nie drank aan minderjariges verkoop word nie, maar ook nie aan iemand wat reeds dronk is nie,” het ao. Jacobs gesê.
Volgens hom moet die lisensiehouer of ’n bevoegde bestuurder ten alle tye op die perseel wees. ’n Bestuurder moet in samewerking met die polisie aangestel word sodat daar seker gemaak kan word dat hy bekend is met die drankwet. Die lisensiehouer bly steeds primêr verantwoordelik. Al die kuierplekke in die dorp, behalwe Bourbon Street se lisensies laat hulle net toe om tot 02:00 oop te wees.
Vir enige navrae kan ao. Jacobs by (018) 299 7379/7406 gekontak word.
Die handel in tweedehandse goedere kan heel moontlik gepaard gaan met eiendom-misdaad. Volgens ao. De Klerk is daar ’n paar dinge waarvan handelaars moet kennid neem. ’n Sertifikaat moet uitgereik word om ’n besigheid te bemagtig om tweedehandse goedere te verkoop. Nuwe aankope moet alles op dieselfde dag van die aankope in die register ingevul word.
“Dit probeer keer dat mense aankope in die aande doen wat gewoonlik onwettig is,” het hy gesê.
Handelaars moet seker maak dat die verkoper wel die wettige eienaar van die goedere is.
“Enige goedere wat as gesteel aangemeld is en dan in so ‘n winkel gevind word, sal op beslag gelê word. Dit is vir ons baie belangrik dat handelaars hulle inligting by ons op datum hou sodat hulle in kennis gestel kan word van ons vergaderings elke twee maande,” het ao. De Klerk bevestig. Ao. Moleko is die kenner wanneer dit by tweedehandse goedere kom. Hy kan by (018) 299 7412 geskakel word.
Vir algemene navrae kan Ester Brand by (018) 299 7965, Zelda Kirby by (018) 299 7367 of Veronica Bunu by (018) 299 7380 geskakel word. Ao. De Klerk kan by (018) 299 7406 of 079 881 9924 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button