Algemene jaarvergadering beloof baie vir Rugby League
Rugby League se algemene jaarvergadering in Noordwes, vind op 14 Desember by die Potchefstroom Dorp Rugbyklub plaas. Dit is die eerste keer dat Rugby League ‘n jaarvergadering in Noordwes hou waar die vinnige en sprankelende rugbykode, wat net in die somer gespeel word, belangstelling by unieklubs gaande gehad het. Potchefstroom Dorp is die eerste unieklub …

Rugby League se algemene jaarvergadering in Noordwes, vind op 14 Desember by die Potchefstroom Dorp Rugbyklub plaas.
Dit is die eerste keer dat Rugby League ‘n jaarvergadering in Noordwes hou waar die vinnige en sprankelende rugbykode, wat net in die somer gespeel word, belangstelling by unieklubs gaande gehad het.
Potchefstroom Dorp is die eerste unieklub in Suid-Afrika om League in die somermaande te speel en die klub se spelers is goed voorberei vir die komende unie seisoen.
Tydens die onlangse algemene jaarvergadering van die Luiperds rugby unie, is League by klubs verwelkom omdat dit nie net spelers in die aflê seisoen fiks hou nie, maar ook omdat dit spelvaardighede verbeter en rugby in die algemeen bevorder.
Klubs soos Rustenburg, Klerksdorp, Lichtenburg, Leeudoringstad, Mafikeng, Zeerust, Fochville en Vryburg gaan genader word om gedurende die somermaande League te speel.
Een van die sake op die agenda wat groot belangstelling behoort te wek, is die implementering van die NRL “Een Gemeenskapsprojek” van Australië wat reeds die steun geniet van sowel die Stadsraad van Potchefstroom en die Departement van Onderwys en Sport Ontwikkeling in die Kenneth Kaunda Distrik in Noordwes.
Die projek spreek alle aspekte aan van karakter bou by oud en jong spelers en is sterk gefokus op gesins- en familieverhoudinge.
Ondertussen is verneem dat Rugby League Suid-Afrika onderhandelings met Australiese League base voer om vier afrigters na Suid-Afrika te stuur om met die program behulpsaam te wees, terwyl Suid- Afrika Rugby League belangstel om te bie vir die 2020 Rugby League Wêreldbeker.
Die ontwikkeling van League in Noordwes behoort volgens die voorsitter, Jan Prinsloo stadig maar seker te vorder.
Die provinsie is in vier streke verdeel om ruim geleenthede vir unieklubs te skep om eerstens binne streeksverband aan kompetisies deel te neem, daarna op provinsiale vlak en uiteindelik om spelers van nasionale gehalte te lewer.



