NewsRegional News

Tydelike onderwysers kry eers 5de geld

Die Noordwes Onderwysdepartement het bevestig dat tydelike onderwysers van die Dr Ruth Segomotsi Mompati distrik eers volgende week Donderdag hulle maandelikse salarisse betaal sal word.

Die Noordwes Onderwysdepartement het bevestig dat tydelike onderwysers van die Dr Ruth Segomotsi Mompati distrik eers volgende week Donderdag hulle maandelikse salarisse betaal sal word.

Dit volg nadat die departement bevind het  dat sommige van die onderwysers nie hul maandelikse salarisse ontvang het nie. Dié nie-betaling van salarisse is te danke aan die feit dat die indiening van aanstellingsdokumente aan die Distrik deur Areakantore en skole vetraag was.

In plaas daarvan dat die aanstellingsdokumente  onmiddellik ingedien was aan die begin van die maand, is dit eers die tweede week van April ingedien deur skole. Sommige van die dokumente is verkeerd ingevul deur onderwysers; in ander gevalle is bankbesonderhede verkeerd ingevul.
In ander skole het skoolhoofde onderwysers aangestel sonder om na die hersiende posvoorsieningsmodel(PPM) te kyk. Die PPM per skool verander elke jaar, aangesien van die toename of afname van die hoeveelheid leerders per skool. Daarom moet aanstellings gemaak word inlyn  met die huidige hoeveelheid leerders soos wat in die nuutste PPM aangedui word.

Die Noordwes Onderwys en Sport Ontwikkeling LUR, Maphefo Matsemela het bevestig dat onderwysers volgende week betaaling sal ontvang .
“Die distrik stel voortdurend nuwe onderwysers aan, omdat baie onderwysers verskuif as gevolg van verskeie faktore. In sommige gevalle neem onderwysers oorplasings na ander provinsies nadat hulle permanent in diens geneem is. Dit hou ‘n gevaar in vir  die voorsiening van gehalte-onderwys. Namens die departement wil ek bevestig dat daardie onderwysers wat nie hul salarisse ontvang het nie teen volgende week betaal sal word. Ek vra om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is, “het LUR Matsemela gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button