NewsNews

Gelukkig om weg te stap na ongeluk

‘n Motorfietsryer het matige beserings opgedoen nadat ‘n voertuig van agter in hom vasgery het. Juandre Oelofse, ‘n lid van die Potch Kings motorfietsklub, het Dinsdagaand omstreeks 22:00 op die hoek van Nelson Mandela- en Rivierstraat by ‘n verkeerslig stilgehou toe ‘n voertuig hom van agter getref het. Hy was op pad huis toe ten tyde van die ongeluk.

‘n Motorfietsryer het matige beserings opgedoen nadat ‘n voertuig van agter in hom vasgery het.
Juandre Oelofse, ‘n lid van die Potch Kings motorfietsklub, het Dinsdagaand omstreeks 22:00 op die hoek van Nelson Mandela- en Rivierstraat by ‘n verkeerslig stilgehou toe ‘n voertuig hom van agter getref het. Hy was op pad huis toe ten tyde van die ongeluk.

Capi
Hy het gelukkig geen ernstige beserings tydens die ongeluk opgedoen nie, maar dit kon baie erger vir Oelofse gewees het. Volgens hom was van sy vriende in ’n kar in die baan langs hom waar hulle alles gesien gebeur het.

capi 3
Juandre Oelofse FOTO: Facebook

Hulle het aan hom vertel dat hy deur die lug gevlieg het nadat die voertuig hom getref het.

“Een van my vriende het net gebid, want ek wou blykbaar nie my bewussyn herwin nie. Maar toe my ander vriend aan my skouer vat en by my sit, het ek bygekom,” vertel hy.

Die bestuurder wat in Oelofse vasgery het, het dadelik uitgespring om hulp aan te bied.

“Hy het vir my gesê ek moenie bekommerd wees nie, hy sal alles uitsorteer. Hy het my die volgende oggend weer gebel om te vra hoe dit met my gaan. Hy is baie jammer. My “biker angels” was saam met my daai aand,” sê Oelofse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button