NewsNews

Waterlekke glo weens swak infrastruktuur

Verlede week was daar weer ‘n waterlek in Baillie Park waartydens miljoene liters water verlore gegaan het.

Verlede week was daar weer ‘n waterlek in Baillie Park waartydens miljoene liters water verlore gegaan het.
Daar was die afgelope paar maande gereelde wateronderbrekings in die area en strome water het in strate afgestroom.
In ‘n brief wat mnr. Hans-Jurie Moolman, voorsitter van die DA Koukus, aan die Tlokwe munisipale bestuurder, me. Blaai Mokgethi, sowel as die burgemeester, mnr. Kgotso Khumalo gestuur het, verwys hy na miljoene liters water wat weens lekke en onvoldoende konstruksie in die Bailliepark en Grimbeekpark-areas verlore gaan.Volgens Moolman is die redes vir die vermorsing eerstens weens die stadsraad se onvermoë om bestaande waterstelsels te onderhou of betyds te vervang.
Verder meen hy die probleme word veroorsaak deur die aanstelling van kontrakteurs wat sub-standaard werk lewer.
Moolman het versoek dat die stadsraad sê wie die kontrakteurs is wat verantwoordelik was vir die konstruksie van die waterstelsels, asook wat hulle veronderstel was om te doen en wat verkeerd gegaan het.
Hy vra ook dat die stadsraad al die skade wat aangerig is noem en sê wat daaraan gedoen gaan word.
Teen druktyd het die stadsraad nog geen kommentaar gelewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button