CommunityEntertainmentLocal newsNewsNews

NG Welsyn bedank gemeenskap vir suksesvolle Tekkie Tax Dag!

Tekkie Tax is ‘n prettige en bekostigbare manier om ‘n groot impak te maak op die mense en diere wat ‘n belangrike rol speel in die gemeenskap. Nasionale Tekkie Tax Dag het drie jaar gelede reeds deel geword van die Suid-Afrikaanse kalender en is nou al ‘n jaarlikse tradisie. Hierdie veldtog gee jou die geleentheid …

Tekkie Tax is ‘n prettige en bekostigbare manier om ‘n groot impak te maak op die mense en diere wat ‘n belangrike rol speel in die gemeenskap. Nasionale Tekkie Tax Dag het drie jaar gelede reeds deel geword van die Suid-Afrikaanse kalender en is nou al ‘n jaarlikse tradisie.
Hierdie veldtog gee jou die geleentheid om met jou voete te wys waar jou hart lê.

En op Vrydag 27 Mei is Tekkie Tax Dag landwyd gevier. Besighede en persone het plakkers en veters gekoop om ‘n verskil te maak in iemand se lewe, dit was besigheid soos gewoonlik maar net met so bietjie kleur aan ons tekkies.

NG Welsyn wil die gemeenskap van Potch hartlik bedank vir hulle deelname aan TT 2016.
“Dit is vir ons ‘n riem onder die hart om te weet dat Potchefstromers se harte nog reg klop,” sê Retha Erasmus, maatskaplike werker.
Volgens Erasmus was die T-tags (veters) vanjaar baie gewild en hulle kon skaars voorbly met bestellings. Ongeveer 700 veters is verkoop. Hulle is nog nie seker van die presiese aantal plakkers en die bedrag wat ingesamel is nie. Alhoewel hulle baie tevrede is met die verkope, was daar wel ‘n effense afname.
“Die huidige ekonomie veroorsaak dat gesinne die gordel moet stywer trek en besnoei op uitgawes,” sê Erasmus.
*NG Welsyn wil ‘n paar besighede/instansies uitsonder wat NGW ondersteun het:
Puren Marketing & Communications, Mooirivier Beskerming, Butler Prokureurs, VEW Prokureurs, Mooimed, Mediclinic, Glotron, Seeff, Motech, Herald, Battery Electric (Edms) Bpk, SAB, Ubique, Laerskool Baillie Park, Laerskool Pres. Pretorius, NWU Potchefstroom, Laerskool Hartbeesfontein, Habitat, Wohnen, NG Kerk Oos-gemeente, NG Kerk Wes-gemeente, NG Kerk Ventersdorp, Tlokwe Sakekamer, Duet, Philip Miller Ouditeure, GQ Construction, NG Welsyn Noordwes se hoofkantoor, MSM Produksies, NTT Volkswagen, Weermag, Jenwil Integrated, Amelia, Venter Kennedy Rekenmeesters, Samuel Broadbent, Tjokkerplaas, ALS, Annique, Hesti van Rensburg (Kinderland), Turkstra, Maritha Basson, Gereformeerde Kerk Potch Oos, Wesvaal, Vericred, Midway, SGS Nviro Crop, Heinrich Kriel, Lize Daly, Girls High, Tennisklub, Asambo, FFG, @Office, Moorivier Medies en JF van Wyk en Kie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button