NewsNews

Bult se gemors word skoongemaak

Vanoggend (6 Julie) is die ‘Team up-Clean up’ projek op die Bult bekendgestel.

Vanoggend (6 Julie) is die ‘Team up-Clean up’ projek op die Bult bekendgestel.

Besigheidseienaars op die Bult het bymekaar gekom om die Bult skoon en veilig te maak. Werkers is deur die verskeie maatskappye in diens geneem om die gebied op die Bult skoon te hou. Terselfdertyd pas hulle sommer mense se karre op. Volgens Santi Britz, wyksraadslid, is die groep se primêre doel om skoon te maak. Vir die projek om suksesvol voort te duur word daar ’n beroep op lede van die gemeenskap gedoen om die skoonmakers te ondersteun. In plaas daarvan dat geld aan die sogenaamde karwagte op die bult te gee word mense gevra om dié fooitjies vir die skoonmakers te gee.

Lees meer oor die projek in more se Herald

Santi Britz praat met die werkers oor die projek
Santi Britz praat met die werkers oor die projek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button