
‘n Motorhuis in Rooibokstraat, Bailliepark het vandag (7 Julie) omstreeks 16:00 aan die brand geslaan.
Mooirivier beskerming het reageer nadat die alarm van die huis afgegaan het. Op die toneel het hulle die brandende motorhuis aangetref.
Die brandweer was ook op die toneel en het vinnig die brand onder beheer gekry. Daar was gelukkig geen beserings gewees nie. Die brand het glo ontstaan by die tuimeldroeer wat in die motorhuis staan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






