SportSport

Weermag se fasiliteite geskik vir netbal

Die Varsity Netbaltoernooi is weer hierdie week in volle swang, maar soos verlede week berig is, gaan Potchefstromers eerder die aksie op hulle televisieskerms volg nadat daar besluit is dat NWU-Pukke nie tuiswedstryde sal speel vanjaar nie. Voorheen is die SANW Kopanelo fasiliteit se houtvloer vir wedstryde gebruik. Met die Herald se besoek aan die …

Die Varsity Netbaltoernooi is weer hierdie week in volle swang, maar soos verlede week berig is, gaan Potchefstromers eerder die aksie op hulle televisieskerms volg nadat daar besluit is dat NWU-Pukke nie tuiswedstryde sal speel vanjaar nie. Voorheen is die SANW Kopanelo fasiliteit se houtvloer vir wedstryde gebruik. Met die Herald se besoek aan die fasiliteit was die rubberbaan in ‘n puik kondisie. Volgens die fasiliteitsbestuurder, s.sers Christo Gous, het die fasiliteit nou rubbervloere, maar dit keer nie dat kwaliteit netbal gespeel kan word nie.
“Die enigste probleem is dat die fasiliteit nie genoeg spasie volgens die Varsity Netbal se vereistes gehad het nie. Ons kan maksimum 700 toeskouers hier inpas. Vorige jare het ons uit ons pad gegaan om seker te maak dat ons BBP’s, media en spelers kan akkommodeer,” vertel Gous.
Gous verduidelik ook dat die verskil tussen die vorige houtvloer en rubbervloer is dat die houtvloer meer klewerig is, terwyl die rubbervloer effens gladder is. “Netbal Suid-Afrika het destyds die houtvloer ingesit aangesien dit een van die nasionale span se tuisbasisse was. Netbal SA het wel op eie onkoste die vloer na sy oorspronklike kondisie herstel,” sê hy.
Maj. Pierre Hamman, stafoffisier vir sport, rekreasie en liggaamlike opleiding ASB Potchefstroom, meen ook dat NWU Pukke nie ‘n binnenshuise fasiliteit vir Varsity Netbal het nie en nog altyd voorheen ‘n goeie verstandhouding met die weermag gehad om hulle fasiliteite te gebruik.
“Die weermag fasiliteite is wel primêr vir soldate om hulle sport te beoefen. Ons huur ons fasiliteite uit wanneer nodig, maar sportbyeenkomste vir ons soldate kry voorkeur,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button