CommunityNews

Wen TV met Aardklop!

Koop kaartjies vir Aardklop en wen ’n TV van R15 000! Voorbereiding vir die Aardklop Nasionale Kunstefees is goed onderweg en kaartjieverkope vir produksies en vertonings het die afgelope maand goed spoed opgetel.

Koop kaartjies vir Aardklop en wen ’n TV van R15 000!
Voorbereiding vir die Aardklop Nasionale Kunstefees is goed onderweg en kaartjieverkope vir produksies en vertonings het die afgelope maand goed spoed opgetel.
Ons sê baie dankie aan elke Potchefstromer wat reeds gespring het om seker te maak dat jy jou gunsteling vertonings bywoon.
Aardklop se hart gesetel in Potchefstroom en klop vir die mense van hierdie gemeenskap. Daarom wil Aardklop getroue ondersteuners beloon en loods ‘n kompetisie vir alle Potchefstromers met ‘n vinnige hartklop vir Aardklop.
Hoe werk die kompetisie?
Kom bewys aan dat jy ten minste 20 kaartjies vir Aardklop produksies en/of vertonings gekoop het en kom in aanmerking vir die gelukkige trekking om ‘n Samsung 55” UHD TV ter waarde van R15 000 te wen.
Terme en voorwaardes:
– Kompetisie sluit 30 September om 12:00.
– Trekking vind plaas op 3 Oktober waarna die gelukkige wenner bekendgemaak sal word.
– Skyf in deur ‘n bewys van kaartjie-aankope te toon by die Aardklop kantoor (Molenstraat 69) of te e-pos na navrae@potchfees.co.za met jou naam, van en kontakbesonderhede.
– Alle kaartjie-aankope vir Aardklop 2016 sal in aanmerking gebring word.
– Toegangskaartjies tot die feesterrein word nie by hierdie kompetisie ingesluit nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button