NewsNews

Tydelike spoedwalle binnekort by kleuterskole in Potchefstroom

Die verkeersafdeling in Potchefstroom het Donderdag, 8 September die eerste opvou-spoedwal buite Rep en Roer kleuterskool in Thabo Mbekiweg getoets. Hierdie kleuterskool sal die eerste in Potchefstroom wees wat dit kry.

Die spoedwal rol op en kan gebêre word na gebruik. Foto: Marianke Saayman
Die spoedwal rol op en kan gebêre word na gebruik. Foto: Marianke Saayman

Dit kom nadat Woel en Werskaf kleuterskool al vir sewe jaar probeer om ‘n spoedwal buite hul skool te laat aanbring, maar nog steeds moet sukkel met swaar verkeer wat die kinders se lewens in gevaar stel. Volgens Willie Jordaan, wie se dogtertjie by Woel en Werskaf skoolgaan, is die pad voor die skool baie gevaarlik. “My dogtertjie is al amper daar omgery,” sê hy. Jordaan het al so ver gegaan om in die oggende sy motor te parkeer om die verkeer te stop sodat die kinders oor die straat kan loop. Verder het hy saamgespan met verkeershoof Malcolm Grimbeek om tydelike spoedwalle aan die kleuterskole in Potchefstroom te verskaf.

Die spoedwal is maklik om uit te lê en weer op te rol. Foto: Marianke Saayman
Die spoedwal is maklik om uit te lê en weer op te rol. Foto: Marianke Saayman

Volgens hom is dit nie altyd moontlik om permanente spoedwalle op sommige paaie te bou nie, omdat dit die verkeersvloei van nood- en afleweringsvoertuie belemmer. Ambulanse maak baie gebruik van Thabo Mbekiweg en ‘n spoedwal kan pasiënte se lewens in gevaar stel. Daarom het die verkeersdepartement ‘n projek begin om tydelike spoedwalle vir kleuterskole te verskaf.

Malcolm Grimbeek en Lesiba Nkhumane, bestuurder van Openbare Veiligheid (middel) saam met die span wat gehelp het met die opstel van die spoedwal. Foto: Marianke Saayman
Malcolm Grimbeek en Lesiba Nkhumane, bestuurder van Openbare Veiligheid (middel) saam met die span wat gehelp het met die opstel van die spoedwal. Foto: Marianke Saayman

Grimbeek het self ‘n borg gekry om die eerste stel spoedwalle te betaal wat deur Rep en Roer kleuterskool gebruik gaan word. “Hierdie kleuterskool is ‘n prioriteit omdat dit op ‘n baie besige pad is,” sê hy. Hy vra besighede om betrokke te raak.“Die veiligheid van kinders is vir my baie belangrik en ons poog om vier van hierdie spoedwalle aan elke skool te gee, maar dit kos sowat R3 000 vir een,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button