NewsNews

Struikrowers val voetgangers aan

Struikrowers het oor die naweek voetgangers van kontant, selfone en ander waardevolle besittings in Reitzstraat beroof. In albei die voorvalle het die rowers dieselfde modus operandi gevolg en ook hul misdade in dieselfde gebied gepleeg.

Struikrowers het oor die naweek voetgangers van kontant, selfone en ander
waardevolle besittings in Reitzstraat beroof. In albei die voorvalle het die rowers dieselfde modus operandi gevolg en ook hul misdade in dieselfde gebied gepleeg.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die eerste voorval Vrydagaand, 23 September omstreeks 20:00 plaasgevind.
Die twee slagoffers het in Reitzstraat geloop toe drie verdagtes, wat agter ’n boom weggekruip het, hul voorgekeer het.
Twee vroue het een van die slagoffers vasgekeer en met ’n mes gedreig. Die ander slagoffer het probeer om weg te hardloop, maar is deur ’n man agternagesit en vasgekeer. Hulle is toe van hulle selfone en kontant beroof.
Die ander voorval was omstreeks 02:30 in dieselfde straat toe vyf verdagtes agter ’n boom weggekruip en nog ’n voetganger voorgekeer het.
Vyf mans het die voetganger met messe gedreig, waarna hulle hom van sy selfoon, beursie en horlosie beroof het.
Manyoba het die gemeenskap gemaan om op die uitkyk te wees vir misdadigers wat hierdie tipe misdade pleeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button