
Ses mense is beseer nadat ń taxi en ń kar gisteroggend (1 Oktober) omstreeks 8:00 op die Promosapad met mekaar gebots het.
Paramedici van ER24, Quickcare en Provinsiale ambulansdienste het die pasiënte behandel vir ligte beserings. Vier van die pasiënte is na Mediclinic Potchefstroom toe geneem vir verdere behandeling. Die ander twee pasiënte is na Potchefstroom hospitaal toe geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




