SportSport

Vier eerste plekke vir plaaslike atleet

Oktober was die mooiste, mooiste maand vir die Potchefstroomse langafstand atleet, Nico Deerling, wat vier eerste plekke in verskeie wedlope behaal het. Vir Deerling was die Fochville Straatmyl op Woensdag, 19 Oktober sy belangrikste en gesogste oorwinning, aangesien hy sy titel in die 40+ kategorie verdedig het en weer die pragtige trofee verower het. Slegs …

Oktober was die mooiste, mooiste maand vir die Potchefstroomse langafstand atleet, Nico Deerling, wat vier eerste plekke in verskeie wedlope behaal het.
Vir Deerling was die Fochville Straatmyl op Woensdag, 19 Oktober sy belangrikste en gesogste oorwinning, aangesien hy sy titel in die 40+ kategorie verdedig het en weer die pragtige trofee verower het.
Slegs twee ure na hierdie wedloop was Deerling weer in sy hardloopskoene by die Berts Bricks SupaQuick Nagwedloop waar hy ook eerste in die 10 kilometer wedloop in die 50+ kategorie geëindig het.
“Ek het die Fochville Straatmyl as opwarming vir die SupaQuick Nagwedloop gesien. Alles het goed gegaan in albei wedlope en ek het lekker gehardloop,” vertel die 50-jarige Deerling.
Deerling het toe ‘n ruskans benut en was op Sondag, 23 Oktober vier dae na sy dubbeloorwinning, weer eerste oor die wenstreep. Hierdie keer by die Totius Memorial 10 kilometer ‘Trail Run’ by Schoemansdrift.
“My passie vir hardloop dryf my vorentoe. Dit is veral moeilik as die temperature bo 30 grade Celsius styg, maar God is altyd by my en met die Here se krag kan ek al hierdie oorwinnings behaal,” noem hy.
Die afgelope Saterdag kom Deerling weer eerste in sy ouderdomskategorie by die Lichtenburg Marathon en sesde algeheel eindig.
“Dit was ‘n goeie wedloop, maar die inskrywingsgeld is net te veel.
“Om R120 te betaal om in te skryf, maak dit moeilik om deelname te regverdig,” sê Deerling, wat verskeie kostes moet dek om sy passie aan die gang te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button