NewsNews

Vrou op kleinhoewe verkrag

‘n Vrou is Saterdagaand omstreeks 20:30 op die Wilgeboom kleinhoewes in haar huis verkrag.

‘n Vrou is Saterdagaand omstreeks 20:30 op die Wilgeboom kleinhoewes in haar huis verkrag.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die vrou glo by haar huis besig om aandete te maak toe ’n man, wat aan die vrou bekend is, die huis ingebars het.
Hy het haar teen die grond gegooi, waarna sy ’n kopbesering opgedoen het, het Manyoba gesê.
Terwyl die vrou op die grond gelê het het die ’n skêr gebruik om haar klere en onderklere af te sny. Volgens Manyoba is die vrou verskeie kere verkrag.
Sy kan self nie onthou hoeveel keer nie.
Die man het daarna die toneel verlaat. Die vrou het die polisie geskakel en ’n naam aan hulle gegee.
Niemand is in hegtenis geneem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button