CommunityNews

Maak ‘n wens met Herald se Kerswens

Kersfees is ‘n tyd van gee, ‘n tyd van liefde, vriendskap en familie - ‘n tyd waar wense waar word.

Kersfees is ‘n tyd van gee, ‘n tyd van liefde, vriendskap en familie – ‘n tyd waar wense waar word.
Kersfees is om die draai en die Potchefstroom Herald wil vanjaar vyf Potchefstromers se Kerswense laat waar word. Stuur vir ons jou Kerswens met ‘n motivering oor waarom jy voel jou wens moet waar word. Jy kan ook namens iemand ‘n wens stuur wat jy wil hê ons vir daardie persoon waar maak. Ons sal dan, met behulp van die gemeenskap, uit ons pad gaan om dié wense te laat waar word. Wense kan gestuur word tot en met 18 November voor 16:30 na marianke.saayman@media24.com of kan in ‘n brief by die Herald se kantoor afgelewer word op die hoek van Piet Uys en Govan Mbekiweg.

Die Herald het sover agt Kerswense ontvang. Ons wil graag soveel wense as moontlik laat waar word en vra mense vanuit die gemeenskap om te help. Indien iemand een van die wense wil laat waar word, of net help om ‘n wens te laat waar word, stuur ‘n e-pos na marianke.saayman@media24.com.

Kerswense wat ontvang is:
1. ‘n Pasgetroude jong vrou vra ‘n vakansie vir haar, haar man en hul baba by die see. Haar man werk sewe dae per week en het drie jaar laas ‘n vakansie gehad.
2. ‘n Man vra of iemand sy 76-jarige vriendin kan help
om haar motor weer op haar naam te kry, nadat dit gesteel, verkoop en weer gevind is. Sy kan nie ry voor haar dokumente en lisensie nie reg is nie.
3. ‘n Vrou vra vir ‘n nuwe motor vir haar ma en vra dat iemand haar ma se huis sal uitverf en ‘n badkamer sal aanbou.
4. ‘n Ma van ses kinders vra vir drie fietse vir haar seuns wat daagliks ver skool toe moet stap omdat hulle nie die brandstof kan bekostig om hulle te vervoer nie.
5. ‘n Vrou vra vir Kersgeskenke vir ‘n seun van twee jaar en ‘n dogter van 10 jaar wie se pa vanjaar oorlede is en die ma nie werk nie.
6. ‘n Vrou vra dat iemand haar, haar man en hul drie kinders, ‘n dogter en twee seuns van onderskeidelik 6, 2 en ‘n jaar oud seën met kos en geskenke.
7. Iemand se grootste Kerswens is om op Kersfees ‘n ete te kan maak vir haar kinders en kleinkinders, sonder om te bekommer oor wat om voor te sit en waar die geld vandaan gaan kom.
8. ‘n Vrou van byna 70 sukkel finansieel en moes van haar meubels verkoop. Haar wens is dat haar elektrisiteitsrekening betaal sal word sodat sy nie oor die Kerstyd sonder elektrisiteit is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button