
‘n Man is vandag (18 November) omstreeks 09:00 deur die polisie van ‘n toneel verwyder nadat hy mense met ‘n mes gedreig het.
Die man het glo by ‘n perseel op die hoek van Rissik en Malherbestraat aangekom waar hy die tuinwerker vir water gevra het. Nadat die tuinwerker in gestem het om vir hom water te bring, het hy glo die man met ‘n mes gedreig.
Mooirivier Beskerming het ‘n paniek alarm ontvang waarna hulle dadelik reageer het. Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle die man in Rissikstraat voorgekeer. Die man het glo aanhou vra vir die polisie, nadat ‘n polise voertuig verby gery het, het die man die voertuig agterna gesit.
Uiteindelik het dit vier beamptes gevat om die man onder bedwang te bring, die mes is in die man se besit gevind. Mooirivier Beskerming het die man oorhandig aan die polisie wie hom van die toneel verwyder het.




