CommunityNews

FOTOS: Sprankelaand vir top tien finaliste

Monica van der Mescht se elegante matriekafskeidrok het haar vanjaar ’n eersteplek in die Herald se jaarlikse Matriekrok van die Jaar-kompetisie besorg.

Monica van der Mescht se elegante matriekafskeidrok het haar vanjaar ’n eersteplek in die Herald se jaarlikse Matriekrok van die Jaar-kompetisie besorg.

DSC_0424
Larissa Gouws was die eerste prinses en Ilze Petzer tweede prinses. Dié glansgeleentheid het verlede Donderdagaand by Roots plaasgevind.
Die tien finaliste het almal pragtig gelyk en vir die beoordelaars was dit ‘n tameletjie om die wenners te bepaal. Elkeen het soos ‘n wenner gelyk. Dit was reeds die Herald se 17de matriekrok-kompetisie en ons sê baie dankie aan Roots vir hul aandeel in die sukses van die aand. Nie net het hulle die saal soos uit ‘n sprokiesverhaal laat lyk nie, maar ook vir heerlike kos gesorg.

DSC_0407
Die aand se moeilike besluite om wenners te kies was vanjaar die taak van Carike Brits wat haar B.Sc. en B.Sc.Hons. in verbruikerswetenskappe gedoen en in haar honneursjaar gespesialiseer het in gevorderde modebedryf en interieur. Zinandré Prinsloo is die eienaar van Platinum Models Group en ‘n honneursstudent in mikrobiologie en biochemie. Die ander beoordelaar was Lee Steph wat haar eie mode onderneming met die naam Lee Steph besit. Sy was al Miss Kaizer Chiefs, Miss Soweto, asook Miss Gauteng. Sy het twee ondernemings, een in Potchefstroom en een in Johannesburg.
Om die aand verder op te helder het Smart Guys van hul klere vertoon vir die mammas en pappas wat dalk binnekort weer besluite oor klere vir ’n matriekafskeid moet neem.
Die aand is afgesluit met ’n groot verrassing vir al drie wenners toe kontantpryse ter waarde van R5 000 deur Victor Boqo van die Tlokwe Stadsraad aan hul oorhandig is. Dit was ’n skenking van die kantoor van die burgemeester. Baie dankie aan al ons ander borge wat deel gehad het daarin om elke deelnemer spesiaal te laat voel. Elkeen het die volgende ontvang: ‘n Geskenkpak van Dis-Chem met naellak, gesigbehandeling en iets oulik vir die lyf, Annique – ’n R250 behandeling van hul keuse, Spur – ‘n R100 eetbewys, Van Pronk het aan elkeen Soylite kerse en R100 geskenkbewyse gegee, Scarlet Scissors – afslagkoepons nie net aan die deelnemers nie, maar ook aan vyf gelukkige mense in die gehoor en dan boonop aan die eerste drie plekke pryse ter waarde van R1 550. AJR het ‘n paar JBL Harman C100SI oorfone vir die wenner gegee, Eternity Juweliers het R300 vir die eerste drie plekke gegee, Hairtrends het ‘n gesamentlike R2 500 vir die eerste drie plekke gegee en Little of the Top vir elkeen ‘n afslagkoepon, asook R450 en Inebrya produkte. Permanent Beauty het ses laser haarverwyderingsessies aan die wenner gegee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button