SportSport

Drake blaas vuur teen die Windies se palmtakke

Die Noordwes Drake het glad nie vir hulle internasionale teenstanders van die Wes- Indiese Eilande teruggestaan nie en so te sê met die louere weggestap nadat hulle kolwers die voortou in die 50-beurt wedstryd geneem het. So te sê, omdat die wedstryd met ses boulbeurte oor klaarblyklike swak lig en die komende reën gestaak is, …

Die Noordwes Drake het glad nie vir hulle internasionale teenstanders van die Wes- Indiese Eilande teruggestaan nie en so te sê met die louere weggestap nadat hulle kolwers die voortou in die 50-beurt wedstryd geneem het.

IMG_3483

So te sê, omdat die wedstryd met ses boulbeurte oor klaarblyklike swak lig en die komende reën gestaak is, met die Drake wat steeds 42 lopies gekort het met die verlies van slegs 3 paaltjies.

Die Malan-broers, Janneman (65) en André (84*) het uitstekend gekolf en ‘n briljante honderd-lopie vennootskap aanmekaar geslaan. Janneman het stadig begin, nadat beide Wihan Lubbe en Richardt Frenz vroeg uit was, maar het later spoed opgetel en ‘n paar lieflike grondlangse houe van sy tone af grens toe gestuur. Hy was ook nie bang om die bal deur die lug te klap nie, met André wat dieselfde metode gevolg het om sy onoorwonne telling te behaal.

IMG_3469

Janneman is uiteindelik uit, danksy ‘n skitterende vangskoot van Wes-Indië se kaptein, Jason Holder, hy het die bal uit dit lug met een hand opgeraap, nadat die werklik gelyk het asof hy nie ‘n kat se kans sou hê nie.

Marques Ackerman het toe sy verskyning gemaak en die woelige linkshandige kolwer het die Windies se veldwerkers gedurig op hulle tone gehad met vinnige enkellopies en unieke houe wat die gapings gevind het. Hy het ook sy voete uitstekend teen die draaier, Sulieman Benn gebruik.
Die Windies se beste kolwer was Johnson Charles, wat 76 met sonbril en al gemoker het.

Kyk al die foto’s hier. (Foto’s: Wouter Pienaar)

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button