Paws het Maandag beslag gelê op 131 erg verhongerde beeste op ’n plaas langs die New Machaviepad.
Dit volg nadat bure Paws in kennis gestel het oor die beeste wat besig is om van honger te vrek.
Volgens Andries Venter, bestuurder van Paws, het hulle vyf dooie beeste op die plaas aangetref.
Die plaas behoort glo aan ’n trust wat deur die regering op die been gebring is om voorheen benadeelde boere te help.
“Dit is ons tweede lasbrief vir die plaas. In Mei het ons magtiging gekry om die beeste op die plaas te versorg tot tyd en wyl die trustees weer self vir die diere kan sorg,” het Venter gesê.
Die jongste lasbrief het Paws magtiging gegee om op die beeste beslag te lê.
’n Saak van dieremishandeling word ondersoek.
Die Herald het een van die Trustees genader vir kommentaar maar teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie.
Die Herald in Mei berig oor die plaas, lees meer hier



