
ń Voertuig het vanoggend (19 November) omstreeks 02:00 in ń sloot beland.
Mooirivier Beskerming het die voertuig op die hoek van Meyer en Louis le Grangestraat aangetref. Daar was gelukkig geen beserings gewees nie.
Daar word beweer dat die voertuig te vinnig om die draai gegaan het en so in die sloot beland het.
Die polisie en verkeer was op die toneel om verder ondersoek in te stel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




