NewsNews

Heerlike reën saai verwoesting in Potchefstroom

Daar is groot dankbaarheid vir die heerlike reën in en om die stad, maar ongelukkig het swaar reën-, hael- en windstorms ook groot skade aangerig.

Daar is groot dankbaarheid vir die heerlike reën in en om die stad, maar ongelukkig het swaar reën-, hael- en windstorms ook groot skade aangerig.

'n Boom wat omgewaai het. Foto: Facebook
Nie net het reënwater deur huise gespoel nie, maar hael het aanplantings op plase vernietig, voertuie is ernstig beskadig en selfs afgeskryf en rukwinde het talle boomtakke in Potchefstroom afgewaai en selfs bome is ontwortel.
Oos van Potchefstroom is ’n hele mielieland van Kobus van Niewenhuizen onder spilpunt platgeslaan deur haelkorrels so groot soos snoekerballe.

IMG-20161123-WA0005 IMG-20161123-WA0009
‘n Inwoner van die Wilgeboomhoewes, Nico Gerber, sê baie huise op die hoewes is deur die wind beskadig.
“Die hele dak van my buurman se huis het afgewaai en baie mense wie se huise skade gekry het, is nie finansieel sterk nie.” Dieselfde huis se mure het ook gebreek soos wat die dak afgeruk is.

IMG-20161123-WA0011
Op Facebook is daar ook ‘n video van ‘n doringboom wat ‘n huis se dak heeltemal vernietig het toe dit omgewaai het. Rudi du Toit van die Brandbeskermingsvereniging is tans besig met ‘n beraming van die skade. “Elke halfuur kry ek nog ‘n oproep oor skade wat deur die storms aangerig is,” sê hy. Enigiemand wat hulp kan verleen aan gesinne by die Wilgeboomhoewes kan Nico Gerber by 072 151 5566 skakel.

15135939_10154774825854182_2371185252964091782_n
Daar word nog reën voorspel. Dit het sover 99mm vir November gereën, wat reeds meer is as die langtermyngemiddeld van 87 mm.

IMG-20161123-WA0014 15171146_10154774826244182_6784351197191194041_n (1) IMG-20161123-WA0017 15078812_10154774825674182_4938545520333004755_n

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button