NewsNews

Verdagte op huis se dak vasgetrek

’n Verdagte is Sondagoggend omstreeks 01:00 in Borriusstraat in hegtenis geneem nadat polisie en lede van die gemeenskap die man op ’n huis se dak vasgekeer het.

’n Verdagte is Sondagoggend omstreeks 01:00 in Borriusstraat in hegtenis geneem nadat polisie en lede van die gemeenskap die man op ’n huis se dak vasgekeer het.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die man by ’n voertuig opgemerk. “Die mense het die alarm hoor afgaan, waarna hulle ondersoek ingestel het,” vertel Manyoba.
Hulle het die man halflyf in die voertuig gesien. Die verdagte het weggehardloop toe hy die mense sien. Hy het slegs tyd gehad om kontant uit die voertuig te steel. Die polisie het op die toneel gekom en het die man deur verskillende erwe gejaag. Hy is uiteindelik op ’n huis se dak in die area vasgekeer.
Die verdagte word glo reeds vir ‘n geruime tyd deur die polisie gesoek in verband met verskeie sake van diefstal en inbraak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button