NewsNews

Verbrande kinderlyk gevind: Verdagte in die hof

'n Man wat daarvan beskuldig word dat hy 'n 15 jarige meisie vermoor het, verskyn môre (16 Mei) in die Klerksdorp landroshof.

‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 15 jarige meisie vermoor het, sal  môre (16 Mei) in die Klerksdorp landroshof verskyn op aanklag van moord.

Dit volg nadat die verbrande lyk van die 15 jarige kind in ‘n veld naby Jouberton gevind is. Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, is die meisie  Vrydag (12 Mei) die laaste keer gesien.

“Die familie het haar Saterdag (13 Mei) as vermis aangemeld, die volgende dag is haar verbrande lyk gevind,” het Mokgwabone gesê.

Die verdagte is kort nadat die lyk gevind is, in hegtenis geneem. Lt. Gen. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die geval ten sterkste veroordeel maar die betrokke polisielede geprys nadat hulle so vinnig die verdagte in hegtenis geneem het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button