NewsNews

Simulasie-bomontploffing vanoggend op kampus

Verskillende rolspelers in die gemeenskap het deelgeneem aan die simulasie-oefening van die Skool vir Verpleegkunde. Die gemeenskap word versoek om rustig te wees, aangesien dit ʼn reuse samewerkingspoging tussen dié rolspelers was.

Vanoggend (1 Julie) het daar ‘n simulasie-bomontploffing op die NWU se Potchefstroomkampus plaasgevind.

Verskillende rolspelers in die gemeenskap het deelgeneem aan die simulasie-oefening van die Skool vir Verpleegkunde. Die gemeenskap word versoek om rustig te wees, aangesien dit ʼn reuse samewerkingspoging tussen dié rolspelers was.

ʼn Bomontploffing is in die amfiteater nageboots met die hulp van die kampus se beskermingsdienste, die Suid-Afrikaanse Polisiediens se springstofeenheid en onderhandelingspanne, ER24, Tlokwe brandweerdienste, Potchefstroom Medi-Clinic en die Afrika Sentrum vir Rampstudies binne die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte.

Verpleegkundestudente het die geleentheid gekry om deel te wees van die werklike, egte onderrig- en leerervaring, met ʼn sterk interdissiplinêre fokus op behandeling van pasiënte voor hulle na hospitale afgevoer word, in samewerking met paramedici, dokters, brandweermanne en die SAPD.

Hulle kon hul vaardighede op die versorging van beseerdes toepas, asook om voorkomende gesondheidsorg aan diegene wat nié beseer is nie, te voorsien. Die studente het in verskillende fases van die simulasie-oefening gewerk, soos onder meer in ʼn simulasiehospitaal.

Die simulasie-oefening is goed bestuur en alle rolspelers is deeglik ingelig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button