NewsNews

Meld hondevergiftiging by polisie aan

Die polisie doen ’n beroep op inwoners om dit by die polisie aan te meld wanneer hulle honde vergiftig word.

Die polisie doen ’n beroep op inwoners om dit by die polisie aan te meld wanneer hulle honde vergiftig word.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie bewus geword van sake wat nie aangemeld is nie.
“Dit is ’n probleem omdat wanneer honde vergiftig word, daar ’n sterk moontlikheid is dat skelms beplan om in te breek,” het hy gesê.
Volgens hom is dit nie noodwendig so dat hulle dieselfde aand nog wil inbreek nie, maar kan hulle dit so beplan dat die inbraak eers ’n week later plaasvind.
“Ons moet dit ondersoek, maar het nodig dat die gemeenskap die sake aanmeld. Sodoende kan ons dalk verdagtes opspoor deur te kyk na watter tipe gif gebruik word. Al word niks gesteel nie, moet mense dit steeds aanmeld,” het hy gesê.
Oor die naweek is slegs een saak by die polisie aangemeld. Volgens hom het dit in Miederpark gebeur en is die hond omstreeks 14:00 op pad na die veearts dood.

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button