NewsNews

Munisipaliteit misbruik Aardklop gasvryheid, sê DA

“Die JB Marks Munisipaliteit het die Aardklop Kunstefees se gasvryheid misbruik,” sê Hans Jurie Moolman, DA koukusvoorsitter.

“Die JB Marks Munisipaliteit het die Aardklop Kunstefees se gasvryheid misbruik,” sê Hans Jurie Moolman, DA koukusvoorsitter.
Hy sê daar is sedert verlede jaar steeds ’n groot bedrag uitstaande wat deur die munisipaliteit aan die fees belowe is.
Moolman het in ’n verklaring gesê dat hulle uit protes oor die uitstaande geld nie van komplimentêre kaartjies gebruik gemaak het nie. Daar is ’n sekere aantal kaartjies aan elke raadslid, waarvan daar 67 is, gegee.
Volgens hom is die gebruik van sulke kaartjies ’n misbruik van die gasvryheid van die fees.
Moolman het in ’n verklaring gesê dat die Aardklop Kunstefees verantwoordelik is vir miljoene rande wat in die stad bestee word.
“Ons bedank Aardklop vir die suksesvolle fees waarby ons ekonomie ’n hupstoot ontvang, werksgeleenthede geskep word en dat hulle die ANC se verantwoordelikheid oorneem om Potchefstroom te help groei en ontwikkel,” het hy gesê.
Volgens Alexa Strachan, feesbestuurder, is die bedrag van verlede jaar iets van die verlede. Sy het aan die Herald verduidelik dat hulle saam met die munisipaliteit besluit het om hierdie jaar op ’n nuwe bladsy te begin.
Volgens haar het die bestuur ’n baie goeie verhouding met die munisipaliteit, wat hulle goed bygestaan het tydens die fees.
Volgens Strachan wil hulle nie by politiek betrokke raak nie.
“Ons is ’n kunstefees ons het niks met politiek uit te waai nie,” het sy gesê.
Volgens Willie Maphosa, munisipale woordvoerder, het die munisipaliteit betaal vir die kaartjies wat aan raadslede uitgedeel is.
“Dit is jammer dat die DA besluit het om nie hulle kaartjies te gebruik nie en liewer na die media te hardloop voordat hulle hul feite reg het,” het Maphosa gesê.
Volgens hom is die bydrae nie teruggetrek nie, maar dat ’n verslag nog voor die raad moet dien.
“Hoewel, as daar gekyk word na al die ander bydraes wat die munisipaliteit gelewer het ten opsigte van verkeersbeamptes, elektrisiteit en plekke vir die vertonings gedurende die fees, het die munisipaliteit baie meer as die kontantbedrag bygedra,” het Maphosa gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button