SportSport

Kan Luiperds ’n U-draai teen die Valke in halfeindstryd maak?

Die Luiperds sal moet diep grawe om lig aan die einde van die tonnel te sien hierdie Vrydag 13 Otober in hulle Curriebeker Eerste Divisie halfeindstryd teen die Valke in Brakpan. Dié halfeindstryd is ’n herhaling van verlede week se ligastryd wat op dieselfde veld gespeel gaan word. Verlede Saterdag het die Luiperds wel lelik klippe …

Die Luiperds sal moet diep grawe om lig aan die einde van die tonnel te sien hierdie Vrydag 13 Otober in hulle Curriebeker Eerste Divisie halfeindstryd teen die Valke in Brakpan.
Dié halfeindstryd is ’n herhaling van verlede week se ligastryd wat op dieselfde veld gespeel gaan word. Verlede Saterdag het die Luiperds wel lelik klippe gekou met ’n 44-19 nederlaag en sal beslis ’n paar veranderinge aan die span moet maak as hulle die bordjies wil verhang.
Die losskakel, Schalk Hugo is reeds buite rekening met harsingskudding en Gene Willemse sal moontlik die nommer 10-trui dra. Verder sukkel een van die Luiperds se uitstekende slotte, Joe Smith, met ’n kniebesering.
Al is alles wel nie maanskyn en rose nie, glo Luiperds afrigter Jonathan Mokuena dat sy span die loesing agter die rug kan sit en met hernieude veggees die Valke in die halfeindstryd kan klop. “Ons het in verlede week se wedstryd teen die Valke nie genoeg momentum gekry nie. Ons het ook 16 goeie geleenthede gehad en net drie gebruik om drieë te gaan druk.
“Ons sal hierdie week daaraan moet werk. Ek glo wel dat ons genoeg skietgoed vir die Valke sal hê as ons as ‘n eenheid saamspeel,” het Mokuena genoem.

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button