NewsNews

Pa sterf toe bakkie rol

’n 44-jarige pa het Maandagmiddag omstreeks 16:45 op die Schoemansdriftpad gesterf toe sy bakkie gerol het.

’n 44-jarige pa het Maandagmiddag omstreeks 16:45 op die Schoemansdriftpad gesterf toe sy bakkie gerol het.
Francois de Swardt, ’n bekende kontraktreur in die stad, het tydens die ongeluk uit die bakkie geval.


Volgens ao. Mpho Manyoba, ’n polisiewoordvoerder, het die polisie op die toneel gekom waar hulle paramedici van ER24 en die brandweer aangetref het.
“Die oorledene is sowat 100 meter van die bakkie gevind en die bakkie was gedeeltelik gebrand,” het Manyoba gesê.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die ongeluk sowat 15km buite Potchefstroom gebeur.
“Daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie.
Hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.
Volgens past. Barend Groenewald, pastoor van die Every Nation Faith City kerk, waarvan Francois en sy familie lede is, was hy ’n baie liefdevolle mens wat by die verskillende groepe van die kerk ingeskakel het.
“Hy het ’n passie gehad vir visvang. As ‘n mens net begin praat het van karpe, het hy graag vertel hoe ‘n mens hulle vang,” het hy gesê.
Mnr. De Swardt se vrou, Jeanette, was teen druktyd nog te getraumatiseerd om self met die Herald te praat.
Volgens past. Groenewald is sy sterk, hoewel dit nog baie seer is.
Mnr. De Swardt laat sy vrou en dogter Samantha (6), agter.
Die erediens word Vrydag om 10:00 vanuit die Every Nation Faith City kerk in Tarentaalstraat gehou.
“Dit is eintlik meer ’n viering van Francois se lewe,” het past. Groenewald gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button