
‘n Jong vrou is ernstig beseer nadat haar voertuig gisteroggend (29 Oktober) omstreeks 02:00 in Govan Mbeki-rylaan naby Aarbeistraat gerol het.
Volgens Leon Nell van IMR ambulansdienste het paramedici op die toneel gekom waar hulle die vrou in haar voertuig gevind het.
“Sy het vasgesit, daarom moes Tlokwe brandweer haar uit die voertuig sny,” het Nell gesê.
Nadat sy uit die voertuig bevry is, is sy na Medi-Clinic Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.
Dit blyk dat die vrou beheer oor die voertuig verloor het waarna dit veelvuldige keer gerol het.
Die polisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.
ER24, Mooirivier Beskerming, CB Sekuriteit en die Miederpark Buurtwag was ook op die toneel gewees.



