Feestelikheid by die laaste Snowflake-mark van die jaar
Die feestelikheid was behoorlik in die lug by die afgelope naweek se Snowflake-mark. Ten spyte van die reën, het mense steeds besluit om hul Vrydagaand en Saterdagoggend by die heerlike mark deur te bring. Dié mark wat maandeliks by die ou Snowflake-gebou in Piet Bosmanstraat gehou word, het talle stalletjies met ’n verskeidenheid produkte waarvan …
Die feestelikheid was behoorlik in die lug by die afgelope naweek se Snowflake-mark. Ten spyte van die reën, het mense steeds besluit om hul Vrydagaand en Saterdagoggend by die heerlike mark deur te bring.

Dié mark wat maandeliks by die ou Snowflake-gebou in Piet Bosmanstraat gehou word, het talle stalletjies met ’n verskeidenheid produkte waarvan almal kan kies en keur. Daar is ook heerlike kosstalletjies en ’n kontantkroeg op die perseel waar mense kan sit om hul voete te laat rus terwyl hulle na musiek kan luister.

Moet nie die eerste Snowflake-mark van 2018 misloop nie. Dit word op 2 en 3 Februarie gehou. Nog foto’s by www.potchefstroomherald.co.za







