NewsNews

Geen borg nou vir Louwstraat moordverdagte

Susan Cilliers Terwyl Boeta Smit (69) Woensdag begrawe is en sy vrou, Lily (66), nog nie haar bewussyn herwin het nie, het hul vermeende aanvaller in die landdroshof in Potchefstroom verskyn. Pfunzo Netshiongolwe (28) het met ’n kaalgeskeerde kop en sy gebreekte regterarm tot bo die elmboog in gips, gehoor hy sal nou eers op …

Susan Cilliers

Terwyl Boeta Smit (69) Woensdag begrawe is en sy vrou, Lily (66), nog nie haar bewussyn herwin het nie, het hul vermeende aanvaller in die landdroshof in Potchefstroom verskyn.

Pfunzo Netshiongolwe (28) het met ’n kaalgeskeerde kop en sy gebreekte regterarm tot bo die elmboog in gips, gehoor hy sal nou eers op 9 Januarie om borgtog kan aansoek doen.

Netshiongolwe word daarvan verdink dat hy die Smit-egpaar op 1 Desember in hul huis in Louwstraat in Potchefstroom, herhaaldelik met ’n ysterpyp geslaan het voordat hy met hul dubbelkajuitbakkie gevlug het.

Boeta se kopbeserings was so erg dat hy op die toneel gesterf het. Lily, wat ook ernstige kopbeserings opgedoen het, het steeds nie haar bewussyn in die Milpark-hospitaal in Johannesburg herwin nie. Die egpaar se seun, Jacques, sê haar breinswelling het intussen effens gesak.

Mev. Lily Smit is steeds in ‘n kritieke toestand in die Milpark Hospitaal in Johannesburg. Foto’s: Verskaf
Mev. Lily Smit is steeds in ‘n kritieke toestand in die Milpark Hospitaal in Johannesburg. Foto’s: Verskaf

Netshiongolwe is kort ná die aanval in die vroeë oggendure in hegtenis geneem danksy die flink optrede van buurtwaggroepe en sekerheidsmaatskappye in Potchefstroom. Die nuus oor die aanval op die Smit-egpaar het vinnig op plaaslike veiligheidsgroepe se WhatsApp versprei.

Hul gesteelde bakkie is opgemerk nadat dit aan die buitewyke van die stad gerol, op sy bande te lande gekom en die bestuurder toe verder gery het.

Die bestuurder van die bakkie was kort daarna weer in ’n botsing betrokke, maar hierdie keer was buurtwaglede en veiligheidsgroepe kort op die verdagte se hakke.

Die polisie het Netshiongolwe kort daarna op die toneel in hegtenis geneem. Dit is onbekend presies wanneer en hoe tydens die gebeure hy sy arm gebreek het.

Netshiongolwe word aangekla van moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en roekelose of nalatige bestuur.

CSS, Crime ad

Lees die vorige artikel hier:

Gru-moord op bejaarde skok gemeenskap

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button