NewsNews

Onderwyser ondersoek weens beweerde seksuele misdryf

’n Beweerde seksuele misdryf met ’n minderjarige word teen ’n laerskoolonderwyser van Potchefstroom ondersoek.

’n Beweerde seksuele misdryf met ’n minderjarige word teen ’n laerskoolonderwyser van Potchefstroom ondersoek.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het twee 14-jarige seuns, wat nie in dié laerskool is nie, Sondag 18 Februarie saam met die onderwyser gaan visvang.
Met hulle terugkeer het hy een van die seuns by die huis gaan aflaai, waarna hy die ander een na sy eie huis genooi het.
“Die seun was eers huiwerig, maar is later deur die man omgepraat. Die man het die badkamer gebruik, waarna hy slaapkamer toe is. Hy het toe die seun na die slaapkamer geroep. Hy het sy klere uitgetrek en aan die seun begin vat, waarna hy die seun gevra het om ook aan hom te vat,” het Manyoba gesê.
Volgens haar het die seun ongemaklik gevoel, waarna hy ’n saak by die polisie aangemeld het.
’n Saak van seksuele aanranding word ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button