NewsNews

Summier selle toe oor sperstreep is snert

’n Stemboodskap het onlangs die rondte op WhatsApp gedoen wat beweer dat daar nuwe verkeerswette in plek is om mense summier in hegtenis te neem as hulle ander voertuie oor ’n sperstreep verbysteek.

’n Stemboodskap het onlangs die rondte op WhatsApp gedoen wat beweer dat daar nuwe verkeerswette in plek is om mense summier in hegtenis te neem as hulle ander voertuie oor ’n sperstreep verbysteek.
Die betrokke stemboodskap, wat deur verskeie mense in Potchefstroom ontvang is, waarsku dat daar reeds mense sonder keuse van ’n boete hieroor in hegtenis geneem is.
Volgens Malcolm Grimbeek, hoof van die munisipaliteit se verkeersafdeling, is die waarskuwing nie heeltemal akkuraat nie.
“Dit hang af hoe roekeloos die persoon bestuur het. In geval van so ’n inhegtenisname word klagtes gewoonlik bygevoeg soos onder meer onbedagsame en roekelose bestuur,” het hy gesê.
Later het ’n senior aanklaer ook ’n stemboodskap gestuur wat die bewerings as onwaar bestempel.
Hy voer aan dat enige verkeers- of polisiebeampte hulle diskresie moet gebruik of hulle ’n persoon in hegtenis wil neem vir ’n verkeersoortreding.
Volgens hom is die normale praktyk om ’n boete uit te reik van tussen R1 000 – R1 500 wanneer iemand ’n sperstreep verontagsaam.
“’n Persoon kan wel in hegtenis geneem word wanneer daardie persoon ’n sperstreep op ’n roekelose wyse in aankomende verkeer, of op ’n blinde hoogte verontagsaam,” sê hy.
Hy het dit duidelik gestel dat dit nie ’n wet is dat enige persoon wat op ’n sperstreep verbysteek summier toegesluit gaan word nie.
“Ek wens die mense wat hierdie boodskappe stuur dadelik ophou, dit skep paniek by die publiek en dit is van alle waarheid ontbloot,” het die aanklaer gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button