NewsNews

Eikeboom op Bult val om

'n Eikeboom het vandag (28 Maart) omstreeks 13:00 op voertuie wat op die Bult geparkeer is geval.

‘n Eikeboom het vandag (28 Maart) omstreeks 13:00 op voertuie wat op die Bult parkeer is geval.

Volgens omstanders het hulle ‘n geluid gehoor waarna hulle gesien het, hoe die boom se takke op voertuie begin val.

“Die takke lê ook in die pad wat verkeer bietjie belemmer,” het die omstander gesê.

IMR ambulansdienste is op die toneel maar kon bevestig dat daar geen beserings is nie. Volgens ‘n paramedikus op toneel het hulle die pad versper en die area beveilig waarna die brandweer en verkeer ontbied is.

“Dit is groot takke wat geval het, maar die boom lyk maar vrot so die hele boom lyk of dit gaan omval,” het een omstander gesê.

Die Herald het voorheen berig dat die Eikebome in Steve Bikostraat besig is om te vrek. Erfenis Potchefstroom het na die artikel ‘n projek geloods om die historiese Eikelaan te red. Die Eikelaan is in 1977 as  historiese gedenkwaardigheid verklaar. Dit is die langste Eikelaan in die suidelike halfrond.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/28379/potchefstroom-gemeenskap-kan-die-geliefde-eikelaan-red/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/41507/neem-n-eikeboom-aan-en-help-red-die-eikelaan/

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button