CommunityNews

Klawerhof meisie kraai weer koning in toneel

Die jong aktrise van Klawerhof het dit weer eens gedoen. Veronica Ramokgoname het vanjaar tydens Aardklop se Pronk Podium vir die tweede opeenvolgende jaar met die prys weggeloop as beste Beste Aktrise in die studente-afdeling.

Die jong aktrise van Klawerhof het dit weer eens gedoen. Veronica Ramokgoname het vanjaar tydens Aardklop se Pronk Podium vir die tweede opeenvolgende jaar met die prys weggeloop as beste Beste Aktrise in die studente-afdeling.

Veronica is op die huiskomitee van Klawerhof dameskoshuis en hul toneel, As die trein kom, geskryf deur Pierre André Viviers, het ook ’n algehele derde plek in die kompetisie behaal.

Die toneel gaan oor Mina en Simone wat in die middel van die Karoo op ’n stasie sit en wag vir ’n trein om te kom.

“Hulle moet wegkom, en hoe gouer hoe beter. Daar moet tog plekke wees wat beter is as die Karoo? Plekke met torings, katedrale en kastele. Ag, eintlik sal enige plek werk solank dit net nie die ‘HIER’ en die ‘NOU’ is nie.

“Die enigste probleem is net, dat daar lankal nie meer treine by die stasie stop nie. Wat doen mens as jy moet wegkom…. en jy sit gestrand op ’n stasie soos ’n trein sonder sy spore?”

Veronica vertolk die karakter van Mina, ’n energieke jong vrou wat in haar verbeelding rond reis en al nege maande lank vir die trein wag

Veronica Ramokgoname ontvang haar toekenning van Aardklop feesbestuurder Alexa Strachan. Foto’s: Verskaf | Aardklop
Veronica Ramokgoname ontvang haar toekenning van Aardklop feesbestuurder Alexa Strachan. Foto’s: Verskaf | Aardklop

“Deur die loop van die toneel dink mens sy wag vir die trein om iewers heen te gaan maar dan vind mens uit sy het haar kind verloor en wil wegkom van die lewe self af… en besluit dan om op die trein spoor te klim,” sê Veronica.

Sy sê dat die toneel ’n boodskap oordra van hoe mense hul genesing kan vind en dat die verbeelding ’n wonderlike ding is.

“Vir my persoonlik beteken die stuk dat mense altyd jou genesing sal vind ongeag wat, jy moet net glo,” sê sy.
Veronica sê sy is dankbaar dat sy vir die tweede jaar hierdie toekenning kon kry.

“Ek is so ongelooflik dankbaar vir die Here wat my met die talent geseën het, en die toekenning is ongelooflik ja maar die feit dat ek mense se harte vir 30 minute kan aanraak op ’n verhoog en hulle so vermaak, is waarin die beloning lê,” sê sy.

Veronica se toneeldae is lank nie verby nie. Hoewel sy regte studeer, glo sy dat haar liefde vir toneel uiteindelik haar beroep gaan word.

“Ek brand om my voete op elke verhoog in hierdie land te sit en mense net verder te vermaak en my passie en talent waarmee ek so geseënd is met die wêreld te deel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button