SportSport

Noordwes Rolballigas weer aan die gang

Twee plaaslike spanne vertoon flink in die Noordwes rolballigas wat die naweek begin het. Die voorloper in die Mans Premierliga, is die span van die Potchefstroom Rolbalklub wat bestaan uit Pierre Breitenbach, Gene Hill, Gerrit Janse van Rensburg en Smittie Smit. Hulle is net ‘n halwe punt voor Parys se span wat twee Protea-spelers, George …

Twee plaaslike spanne vertoon flink in die Noordwes rolballigas wat die naweek begin het. Die voorloper in die Mans Premierliga, is die span van die Potchefstroom Rolbalklub wat bestaan uit Pierre Breitenbach, Gene Hill, Gerrit Janse van Rensburg en Smittie Smit. Hulle is net ‘n halwe punt voor Parys se span wat twee Protea-spelers, George Lotter en Rudi Jacobs insluit.

In seksie 2 van die Mans Eersteliga is die span van die Buiteklub (PCC) gesamentlike voorloper met 9 punte. Klerksdorp 3 het ook 9 punte. PCC se span bestaan uit Ian Nieuwoudt, Francois Senekal, Louis Wessels en Tinnie Slabber.

In die Vroue Premierliga lê die hef aan voor vir die twee plaaslike spanne. Hulle is tans heel onder aan die punteleer met La Farge wat voorloop. Die plaaslike vrouespanne sukkel ook in die Eersteliga. Die voorlopers in die twee seksies is Platteland (Ventersdorp, Koster en Zeerust) en Fochville 2.

Die liga word die naweek voorgesit:  Die Vroue Premierliga speel by die Buiteklub en die Eersteliga se twee seksies by Klerksdorp Rolbalklub. Die Mans Premierliga speel op Fochville, seksie 1 en 2 van die Eersteliga by La Farge en seksie 3 by Klerksdorp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button