SportSport

Schalk Hugo vat die louere by die Luiperds Rugbyunie se toekenningsfunksie

Dit was ‘n aand om te onthou vir die Luiperds losskakel, Schalk Hugo, wat beide die Luiperds se Speler van die Jaar, sowel as die Spelers se Speler van die Jaar toekennings ingepalm het. Hugo het vanjaar ‘n briljante bestendige seisoen met sy skopvoet pale toe gehad waar hy ‘n suksespersentasie van meer as 90 …

Dit was ‘n aand om te onthou vir die Luiperds losskakel, Schalk Hugo, wat beide die Luiperds se Speler van die Jaar, sowel as die Spelers se Speler van die Jaar toekennings ingepalm het.

Hugo het vanjaar ‘n briljante bestendige seisoen met sy skopvoet pale toe gehad waar hy ‘n suksespersentasie van meer as 90 persent gehandhaaf het. Hy het ook sy vaart op die aanval bewys en ook takties met sy skopvoet die Luiperds die nodige momentum gegee.

“Ek weet dat hierdie jaar definitief beter gegaan het omdat ek voluit op die Here vertrou het en Hom eerste gemaak het in my lewe. Ek moes natuurlik ook hard werk aan my drome en my kant ook bring. Dit was een van my doelwitte vanjaar om die trofee te wen, en dit is ‘n groot eer om die Luiperds se Speler van die Jaar te wees. Hier is baie talentvolle spelers by die Luiperds,” het hy gesê.

Die Luiperds se ander wenners op die aand was:

Agterspeler van die Jaar: Chriswill September

Voorspeler van die Jaar: Louis van der Westhuizen

Nuweling van die Jaar: Evardi Boshoff

Speler wat die meeste vordering getoon het: Wandile Mazibuko

Luiperds se o.21 Speler van die Jaar: Johan Steyn

Luiperds se o.19 Speler van die Jaar: Sylvester Hassien

Luiperds se Vrouspeler van die Jaar: Nthabiseng Monyemoze

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button