NewsNews

Hou jou troeteldier veilig, terwyl jy die Nuwejaar vier

Gedurende die Kersgety en Nuwejaar feesvieringe is dit soms maklik om van jou vierpotige huisgenote te vergeet. Hier is ’n paar wenke deur dr. Jennifer Deming om jou diere veilig te hou gedurende die feesgety.

Zoë Taljaard

Gedurende die Kersgety en Nuwejaar feesvieringe is dit soms maklik om van jou vierpotige huisgenote te vergeet. Hier is ’n paar wenke deur dr. Jennifer Deming om jou diere veilig te hou gedurende die feesgety.

• Beperk die oorblywende Kersfeeskos tot die minimum. Wees versigtig om nie vir hulle kos soos sous en ryk vleispastei te gee nie. Dit kan moontlik hulle magies omkrap en jou en die hond ’n rit na die veearts besorg.

• Verminder die stres wat veroorsaak word deur die gaste. Dit is nie net ons roetine wat versteur word deur die vakansietyd nie, troeteldiere word ook geraak. Maak seker dat jou troeteldiere steeds hulle daaglikse oefening en gesonde dieet volg.

• Kyk uit vir enige versierings wat die troeteldiere moontlik kan beseer of wat hulle kan inneem. Glasornamente kan maklik vir diere soos versnaperings lyk en dit kan werklik katastrofies uitdraai. Ornamente wat uit soutgebaseerde deeg bestaan, kan tot ’n elektroliet wanbalans lei. Dit kan stuipe of dood beteken.

• Raak dadelik ontslae van enige geskenkpapier of lint wat op die grond lê, sodat die diere dit nie inneem nie. Dit kan lei tot obstruksie in hulle ingewande.
Gedurende die Nuwejaar se vuurwerkvertonings kan hierdie wenke van Calder Vets gevolg word vir jou dier se veiligheid

• Bly kalm en rustig. Die troeteldier sal meer veilig voel, indien jy vir hom ’n veilige en rustige omgewing skep.

• Wees bewus van jou troeteldier se houding en aksies. As hulle bewe of onrustig lyk, probeer om ’n ligte kalmeermiddel in hulle kos fyn te maak, sodat dit maklik verteer kan word.

• Probeer om visuele stimulasie wat die hond kan ontstel uit te skakel. Byvoorbeeld, maak die gordyne toe, sodat die hond nie die helder ligte sien en verder getraumatiseer word nie.

• Maak seker dat die hond of kat ’n halsband dra met sy adres op. As die dier weghardloop, sal die persoon wat hom of haar kry, maklik die dier kan terugbesorg. Maak seker dat almal in die huishouding hierdie wenke volg om die kleiner geliefdes in die huis veilig te hou dié feesseisoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button