LifestyleLocal newsNews

Geëer vir uitmuntende betrokkenheid in ingenieursbedryf

“Die waardevolle bydraes van sy tyd, moeite en kundigheid aan ons instituut maak hom ‘n verdienstelike kandidaat vir hierdie toekenning,” het dr. Geldenhuys gesê.

Prof. Jan de Kock van die NWU se Fakulteit Ingenieurswese het ‘n toekenning ontvang vir uitnemendheid en betrokkenheid by die ingenieursbedryf.
Dit het plaasgevind tydens die 107de jaarlikse banket van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Elektriese Ingenieurs (SAIEE).
Volgens die SAIEE-president, dr. Hendri Geldenhuys, ontvang ‘n lid, senior lid of genoot dié toekenning vir sy of haar uitnemendheid in elektriese ingenieurswese en wat bygedra het om die SAIEE met sy doelstellings en doelwitte te ondersteun.
“Prof. De Kock is ‘n professionele ingenieur wat in 1986 ‘n lid van die SAIEE geword en tans as ‘n verkose raadslid vir die afgelope vier jaar dien. Sy toewyding aan die bywoning van raadsvergaderings en sy bydrae om die Noordwes-Universiteit en SAIEE nader aan mekaar te bring, maak hom die ideale kandidaat vir hierdie toekenning.
Prof. De Kock is ‘n genoot en dien in verskeie komitees en is ook toegewy aan die SA Universiteite se konferensie vir elektriese ingenieurswese oor baie jare. Hy ondersteun ook die SAIEE CPD-program baie sterk waar hy sy akademiese kundigheid wyd deel. Hy het groot industriële ondervinding in die ontwerp, inbedryfstelling en prestasiebeoordeling van kragopwekkers en sinkrone masjiene.
“Die waardevolle bydraes van sy tyd, moeite en kundigheid aan ons instituut maak hom ‘n verdienstelike kandidaat vir hierdie toekenning,” het dr. Geldenhuys gesê.
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Elektriese Ingenieurs is ‘n professionele vereniging met meer as 6 000 lede en verteenwoordig elektriese en elektroniese ingenieurs, tegnoloë en tegnici in Suider-Afrika.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button