NewsNews

Bejaarde vrou uit voertuig gesny na botsing

Drie voertuie is Maandagaand (14 Januarie) omstreeks 22:00 op die R501(Carletonvillepad) ongeveer 10 km buite Potchefstroom in ʼn ernstige botsing betrokke gewees.

Drie voertuie is Maandagaand (14 Januarie) omstreeks 22:00 op die R501(Carletonvillepad) ongeveer 10 km buite Potchefstroom in ʼn ernstige botsing betrokke gewees.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici ongeveer 23 mense op die toneel vir verskeie beserings behandel.

Een bejaarde pasiënt, wat in ‘n kritieke toestand was, was binne die voertuig vasgekeer. Die brandweer moes die vrou uit die voertuig sny voordat sy hospitaal toe vervoer kon word. Die ander insittende, ook ‘n bejaarde, was nie vasgekeer nie maar het ook ernstige beserings opgedoen.

Die 21 ander mense van die ander twee voertuie is vir klein tot matige beserings behandel.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button